ANC se top-sewe eers later vandag aangekondig

Die uitslag van die verkiesing van die ANC se top-sewe kandidate sal eers later vandag aangekondig word. Die benoemings-proses het vroeg Sondagoggend begin, en laat namiddag het afgevaardigdes begin stem op die party se 55ste nasionale konferensie in Nasrec, Johannesburg. President Cyril Ramaphosa, wat hom vir ‘n tweede termyn beywer, is in ‘n stryd om die presidentskap gewikkel met die voormalige  minister van gesondheid,  Zweli Mkhize. Die wenner moet minstens 2 214 stemme op hom verenig. Die vise-presidentskap-stryd is tussen Paul Mashatile, minister Ronald Lamola en die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane.