Isap-vliegtuig spoor wildehond-navorser op

Die omgewingsbewarings-organisasie, Intelligence Support Against Poaching, het hul vliegtuig, die Raptor, ingespan om die wildehond-navorser, Nadja le Roux en ‘n medewerker in die Tsumkwe-omgewing op te spoor nadat hulle vir vyf dae vermis was. Vlieënier van die Raptor, David Francis, het haar bakkie uit die lug opgepoor waar dit vasgeval het. Volgens die direkteur van Isap, Fritz Kaufmann het Francis, ‘n voormalige Air Namibia-kaptein, aanwysings vir ‘n grondspan gegee om hulle te gaan haal. Le Roux bedank Isap vir hul hulp en sê dit was wonderlik om ‘n vriendelike gesig vanuit die lug te sien. Sy sê hulle het na wildehonde met nekbande op ’n ou, afgeleë paadjie gaan soek het, toe die bakkie in erdvarkgate en dik sand vasgeval het. Hulle het vir vyf dae die bakkie probeer uitgrawe met geen klip in sig in die Kalahari nie.