Tokio verhoog gebruik van hernubare energie

Byna alle huise in Tokio moet na April 2025 oor sonkragpanele beskik. Die regulasies wat die Japanse hoofstad se plaaslike regering goedgekeur het, vereis dat 50 groot boumaatskappye huise van tot 2 000 vierkante meter van hernubare energiebronne moet voorsien. Die stadsleiers sê behalwe die bestaande wêreldwye klimaatskrisis, het hulle ook te doen met ‘n energiekrisis weens die uitgerekte Russies-Oekraïnse oorlog. Hulle sê daar is nie tyd om te mors nie.