Kovsie-direkteur geskors na rassisme aantygings

Die direkteur van die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool, Udesh Pillay, is geskors nadat hy van rassisme beskuldig is. ‘n Verklikker het Pillay daarvan beskuldig dat hy rassespanning aangewakker het nadat hy na bewering ‘n diversiteitslypskool gereël het, waarheen hy swart personeellede genooi het. Die verklikker het beweer wit personeellede is uitgesluit. Die UV se woordvoerder, Lacea Loader, het bevestig Pillay is as voorsorgmaatreël geskors en die universiteit hanteer die saak deur sy interne prosesse.