Kandidaatentstowwe vir Ebola uitgerol

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se komitee vir eksterne kenners het drie Ebola-kandidaatentstowwe geëvalueer en ingestem dat al drie by die beplande proewe in Uganda ingesluit word. Daar is tans 141 bevestigde en 22 moontlike Ebola-gevalle in Uganda, met 55 bevestigde en 22 waarskynlike sterfgevalle. Die WGO sê die regering se optrede het oordrag in die meeste distrikte laat afneem en twee distrikte het die afgelope 42 dae geen gevalle aangemeld nie. Hy sê die entstowwe is deeglik getoets en is veilig.