Saara is doodstil maar ombud het hulle goed ontvang – Okh-aktiviste

Lede van informele nedersetting van Okahandja is ontevrede met hoe hul oproepe vir dienste deur die plaaslike owerhede hanteer word. Hulle het ‘n vreedsame betoging op 21 Oktober in Windhoek gehou waar hulle beplan het om ‘n petisie aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila te oorhandig, maar haar nie by die kantoor gekry het nie. Hulle het steeds nie ‘n antwoord van die eerste minister se kantoor ontvang nie. Die lede het egter nie daar gestop nie. Hulle is na die kantoor van die ombudsman waar hulle baie goed ontvang het, sê Sydney Gariseb, grond-aktivis van Okahandja, aan Kosmos 94.1 Nuus.

’n Lid van ’n ander groep van die informele nedersettings in Okahandja sê hulle het uitsettingsbriewe ontvang en mense het met gewere opgedaag, daarom het hulle besluit om met die ombudsman te vergader.