Springbokke hoop op ‘n sege teen Hane

Rugby: Die Springbokke hoop op hul eerste oorwinning op hulle November-toer wanneer hulle Saterdag ʼn laataand-afspraak met Frankryk in Marseille het. Na hulle nederlaag met drie punte verlede week teen Ierland, kom die Bokke teen ʼn Franse span te staan wat na 11 wedstryde nog onoorwonne is, insluitende die Sesnasies Grand Slam. Die wedstryd skop laat af, tien-uur Namibiese tyd. Volgens die Bok-senter, Jesse Kriel, is dit maklik om hulle roetine aan te pas.