Vier Wes-Afrikalande veg vir billike kakaopryse

Die vereniging van die kakao-sektor in vier Wes-Afrikaanse lande kan op die kaart wees nadat Kameroen en Nigerië amptelik aansoek gedoen het om lidmaatskap van die Ivoorkus-Ghana Kakao-inisiatief. Kameroen en Nigerië verteenwoordig albei sowat 15 persent van wêreldproduksie. As hulle by Ivoorkus en Ghana aansluit, sal dit 75 persent van wêreldproduksie wees, sê die uitvoerende sekretaris van die inisiatief, Alex Assanvo. Hy sê met vier lande in Wes-Afrika wat saamstaan om te veg vir billike pryse op ‘n grootliks ondergewaardeerde luukse, kan boere se inkomste verbeter. Terwyl die huidige groepering van die top-twee produsente wêreldwyd reeds 60 persent van die wêreld se kakao verteenwoordig, is dit steeds nie in staat om die prys te beheer nie.