Loonooreenkoms tussen Transnet en grootste vakbond verwelkom

Die Wes-Kaapse LUR van Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, het die loonooreenkoms wat Transnet se grootste vakbond, die Verenigde Nasionale Vervoervakbond onderteken het, verwelkom. Die ooreenkoms sal aan werkers ‘n loonverhoging van 6 persent in die eerste en derde jaar verseker, met ‘n verhoging van 5,5 persent in die tweede jaar. Wenger sê werkende en doeltreffende hawens is van die uiterste belang in die provinsie se ekonomie. Dit bied aan die provinsie die geleentheid om sy indrukwekkende groei in uitvoere voort te sit. Dit staan tans op nagenoeg 66 miljard Suid-Afrikaanse rand: