Ministerie soek insette oor omskepping van Alte Feste

Die omskepping van die nou-vervalle Alte Feste-gebou in Windhoek is deel van ‘n peiling wat deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur uitgevoer word. Die peiling vra vrae oor die belangrikheid van die gebou as geskiedkundige gebou en ook waarvoor dit gebruik moet word. Opsies sluit in ontspanningsentrum, ‘n sentrale punt vir SME’s, kantore, inligtingskantoor of kunsmark. Die ministerie wil ook weet of lede van die publiek dink alle Namibiërs kan voordeel trek uit die omskepping van die gebou. Die Reiterdenkmal is op Kersaand 2013 gedurende die nag deur owerhede by die Alte Feste verwyder. Dit is vervang met ‘n Volksmoord-standbeeld. Sedertdien val die plek uitmekaar uit en lede van die publiek het reeds verskeie male bymekaar gekom om die area voor die gebou skoon te maak.