Dis nie lekker om te verloor nie – Erasmus

Die Richelieu Eagles het hulle eerste nederlaag by hulle tweede wedstryd by die T20-wêreldbeker teen Nederland aangeteken. Die Hollanders het met vyf paaltjies gewen nadat Namibië 121 vir ses aangeteken het. Die Eagles se kaptein, Gerhard Erasmus sê dis nie lekker om te verloor nie maar, hulle het hul bes gedoen.

Die span speel weer Donderdag om tien-uur plaaslike tyd teen die Verenigde Arabiese Emirate.