Eagles het goeie kans vir oorwinning môre – oud-speler

Die Richelieu Eagles het internasionaal ‘n opskudding gemaak deur Sondag die kampioene van die Asië-beker, Sri Lanka, te klop in die openingswedstryd van die T20 Wêreldbeker in Australië. Die span speel môreoggend om ses-uur teen Nederland en volgens die bekende oud-kolwer Gavin Murgatroyd, staan die span ‘n goeie kans om weer te wen.