DA: Hospitaalpersoneel in Limpopo het talle uitdagings

Die DA in Limpopo doen ‘n beroep op die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, om dringend aandag te gee aan die kwessies waarmee personeel te kampe het by die Philadelphia-hospitaal. Die hospitaal het reeds vir langer as ses weke nie Betadine-oplossing nie. Die oplossing is noodsaaklik om wonde mee skoon te maak voor en ná operasies. Die narkose-masjien is tans buite werking, asook die bloed-gasmasjien. Risham Maharaj van die party sê weens die gebrek aan Betadine-oplossing, word mediese personeel gedwing om 70 persent alkohol te gebruik, wat nie ‘n geskikte alternatief is nie.