NV sal slegs wetsontwerpe tot 1 November aanvaar

Die Nasionale Vergadering sal slegs wetsontwerpe van nou af tot 1 November 2022 aanvaar. Die speaker, professor Peter Katjavivi, sê dat dit nou standaardprosedure in die Nasionale Vergadering sal wees. Katjavivi het diegene wat wetsontwerpe wil indien, gewaarsku dat hulle net sowat vier weke oor het om dit te doen. Hy het verduidelik dat dit ook genoeg tyd sal gee vir lede van die Nasionale Raad om wetsontwerpe wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, te oorweeg en te hersien.