Drie wetenskaplikes deel Nobelprys vir Fisika

Drie wetenskaplikes deel vanjaar se Nobelprys vir Fisika vir hul navorsing wat dit moontlik gemaak het om op super-rekenaars en kriptiese kommunikasie te werk. Alain Aspect van Frankryk, die Amerikaner, John Clauser, en die Oostenryker, Anton Zellinger, het hul navorsing oor kwantum-meganika oor die gedrag van sub-atomiese partikels gedoen. Die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskappe sê hulle word vereer omdat hulle verdere noodsaaklike navorsing moontlik gemaak en moontlik die weg gebaan het vir nuwe praktiese tegnologie. Die drie sal die prysgeld van 16 miljoen Namibiese dollar deel.