77ste sessie van VN: Die wêreld is letterlik aan die brand

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het reeds op 13 September begin met verskeie geleenthede wat reeds gehou is en vandag begin die hoëvlakbesprekings. President Hage Geingob reis ook na New York vanaf Londen om die 77ste sessie by te woon en toe te spreek. Antonio Guterres, het in afwagting op senior regeringslui ‘n baie belangrike boodskap vir die lidlande gehad.