Eskom beraam planne om krag vir die netwerk te bekom

Eskom het met drie programme begin om broodnodige krag vir die nasionale netwerk te bekom. Die nutsmaatskappy hoop om 1 000-megawatt by die netwerk te voeg om die beperkte opwekkingsvermoё aan te vul. Volgens Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sal die eerste kragvoorsieningsooreenkoms in die loop van die week onderteken word, sodat die krag die netwerk so spoedig moontlik kan aanvul: