Brandstof-smokkelary: Strawwer boetes en vonnisse

Plaaslike media berig dat taxi-bestuurders in die Noorde die hoof verbruikers is van onwettige Angolese brandstof. Die ministerie van myne en energie sê die oorgrens smokkelary van brandstof blyk om geen einde te hê nie en is veral sigbaar in Omusati en Ohangwena. Die grootste uitdaging is die poreuse grens wat ook op droëgrond op sommige plekke geen versperring of grenslyn het nie. ‘n Tekort aan bemanning maak dit uiters moeilik om die smokkelary te bekamp. Die ministerie se adjunkdirekteur vir regulasies, nakoming en ekonomie, Carlo McLeod, sê swaarder strawwe en boetes is nodig sowel as meer grenswagte. Die grens in die Noorde is eintlik kunsmatig omdat die gemeenskappe destyds saam gewoon het. Dit is ook die grootste uitdaging vir die verwydering van die rooilyn. Angola het nie beheer oor bek-en-klouseer in sy gebied nie en vee wei in albei lande.