Cran verlaag terminasie-tariewe 

Die Namibiese Kommunikasie-owerheid, Cran, het terminasie-tariewe vir oproepe verlaag van 10 sent per minuut na 5 sent per minuut. Dit volg na ‘n studie in die verband in 2021. Terminasie-tariewe is heffings vir oproepe tussen operateurs en vir kleiner diensverskaffers is dit ‘n groot onkoste. Helene Vosloo, Cran se hoof van ekonomie en sektornavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.