Calueque-substasie word opgeknap teen N$38m 

NamPower stuur vandag ‘n span van 30 tegnikusse na die Calueque-dam in Angola om opknappingswerk aan die Calueque-substasie te doen. In samewerking met NamWater word die substasie opgegradeer as gevolg van ‘n toename in vraag na elektrisiteit sowel as die nuwe pompe van Angola se Gabhic, wat die Kunenerivier-bekken bestuur. Die koste van die opgradering beloop 38 miljoen Namibiese dollar vir NamWater se rekening maar, NamPower sal 10 miljoen dollar bydra. Die Calueque-dam is ongeveer 20 kilometer noord van die grens met Angola en 25 kilometer vanaf die Ruacana-aanleg in die buurland. Die span sal vanaf 13 September tot 4 Oktober daar werksaam wees.