Behuising onder die loep rondom Durban 

Suid-Afrika het nes Namibië, ‘n agterstand met voldoende behuising. As deel van die stad se pogings om die behuisingsagterstand in te haal, het eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda besonderhede van ‘n behuisingsprojek van 73 miljoen Suid-Afrikaanse rand bekend gemaak. Dit sal huise voorsien aan 474 gesinne wat in plakkerskampe in Bhambayi, Inanda, woon. Die eerste fase van die projek sluit in infrastruktuur vir paaie, elektrisiteit, water, sanitasie, en afloopwater- en rioolstelsels. Kaunda sê die ontwikkeling sal na verwagting binne 36 maande voltooi wees: