Beheerde brand vandag by skougronde in die hoofstad

Die publiek word in kennis gestel van die geskeduleerde beheerde brand in die omgewing van die Windhoekse skougronde. Die brandweer sal doelbewus die gras in ‘n beheerde omgewing aan die brand steek as ‘n voorkomende maatreël ter voorbereiding van die vuurwerkvertoning tydens die komende Windhoek Skou. Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya sê die beheerde brand is vir vanoggend vanaf nege-uur geskeduleer.