Gauteng bestee meer op konsultante as townships

Die DA in Gauteng sê township-entrepreneurs sukkel steeds om te oorleef en hul ondernemings te onderhou te midde van die huidige ekonomiese omstandighede. Dit is ondanks die inwerkingtreding van die Gautengse Wet op Township Ekonomiese Ontwikkeling vroeër vanjaar. Die DA-lid, Patrick Atkinson, sê die provinsiale Tesourie bestee slegs 9 persent van sy begroting aan die township-ekonomie, terwyl die res gebruik word om vir raadgewers te betaal: