Russiese magte vervoer Oekraïnse burgers gedwonge na Rusland toe

Die VN se menseregte-kommissie sê hy het bewyse dat Rusland Oekraïnse burgers na Rusland deporteer in wat beskryf word as ‘n reeks oorlogsmisdade. Volgens wat berig word, word landsburgers in gebiede wat onder Russiese beheer is, na afgeleë gebiede in Rusland geneem. Die Amerikaanse ambassadeur by die VN, Linda Thomas Greenfield sê inligting dui daarop dat tussen 900 000 en 1,6 miljoen Oekraïnse burgers reeds so hervestig is. Die adjunk-sekretaris-generaal van die menseregte-kommissie Ilze Brands Kehris het die VN se veiligheidsraad toegespreek.

Terwyl Rusland die aankondigings as ‘n nuwe hoogtepunt in fopnuus beskryf het, bied hy al ‘n geruime tyd Russiese burgerskap in besette gebiede aan en dryf net handel in roebels.