Jhb-burgemeester het geen kommer oor dreigende mosie van wantroue nie

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê sy is nie bekommerd oor die dreigende mosie van wantroue teen haar nie. Sy glo sy word geteiken oor haar pogings om korrupsie in die stad uit te roei. Die ANC, gesteun deur ander opposisiepartye in die raad, vra vir die verwydering van Phalatse. Sy word daarvan beskuldig dat sy en die voormalige speaker, Vasco da Gama, saamgespan het om onder andere, verslae van bedrog teen die stad te verberg. Phalatse sê sy is nie ontsteld oor die beskuldigings nie: