Olie daal tot laagste vlak oor oorlog

Oliepryse het vanoggend teruggesak tot die laagste vlak sedert voor Rusland die Oekraïne binnegeval het. Brent verhandel tans rondom 91 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is kommer oor die voortslepende inperkings in China as gevolg van Covid, wat daardie land se ekonomie, en dus vraag na olie, kelder, sowel as rentekoersverhogings en ‘n wêreldwye ekonomiese resessie. Die daling kom ten spyte daarvan dat Opul en sy vennote by sy vergadering vroeër die week beslis het om produksie met 100 000 vate daagliks te verminder. Ekonome meen globale ekonomiese groei vertoon op die oomblik uiters negatief wat nie goeie nuus vir vraag na olie is nie.