Numsa verwellkom Arbeidshof se uitspraak

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa het die Arbeidshof se weiering verwelkom van ‘n aansoek van die werkgewers, Neasa en Saefa, teen die verlenging van die salarisooreenkoms wat die Bedingingsraad vir die Ingenieursbedryf onderteken het. Die betrokke ooreenkoms behels ‘n verhoging van 6 persent op die minimumvergoeding in die metaal- en ingenieursektor. Die twee verenigings het die publikasie van die verlenging van die ooreenkoms in die Staatskoerant teengestaan en sê hulle kan dit nie kan bekostig nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi Majola, sê hulle ondersteun die hofuitspraak: