Uitspraak word vandag verwag in die appél van NSFAF teen sy oud-hoof

Daar word verwag dat regter Herman Oosthuizen vandag uitspraak sal lewer in die appèl van die Namibiese studente-hulpfonds teen die hof se beslissing dat hy sy voormalige hoof Hilya Nghiwete weer moet aanstel. In sy stukke sê die fonds dat Nghiwete die vertroue verbreek het wat aan haar as die fondshoof gegee is. Die kantoor van die arbeidskommissaris het beveel dat Nghiwete heraangestel word nadat daar bevind het sy is onregverdig uit haar pos ontslaan. Sy is in Februarie 2020 afgedank, ná ’n lang skorsing sedert April 2018 weens beweerde wanadministrasie. Daar is onlangs berig dat die regsgeding die Namibiese belastingbetaler meer as 8,4 miljoen Namibiese dollar uit die sak gejaag het.