Dinosourus-fossiel in Zim gevind

‘n Skaars, een-meter lange dinosourus-geraamte wat in die noorde van Zimbabwe uitgegrawe is, is bevestig as die oudste wat nog in Afrika gevind is. Dit staan bekend as Mbiresaurus raathi en het meer as 230 miljoen jaar gelede geleef. Dit het op twee bene geloop en het ‘n lang nek en puntige tande gehad. Darlington Munyikwa van Zimbabwe se nasionale museums en monumente sê die vonds sal meer lig werp op die vroeë evolusie en migrasie van dinosourusse, toe die wêreld nog een groot vasteland was.