Putin gaan nie sy voorganger se begrafnis bywoon

Die Russiese President, Vladimir Poetin, se besige werksprogram laat hom nie toe om Saterdag die begrafnis van een van sy voorgangers, Mikhael Gorbatsjof, by te woon nie. Die laaste leier van die Sowjet-unie, ‘n uitgesproke kritikus van Putin, is vroeër die week in die ouderdom van 91 oorlede. Hy word geloof dat hy die land uit die Koue Oorlog gelei het met sy beleid van “glasnost”, wat “openheid” beteken, en is in 1990 met die Nobelprys vir Vrede bekroon. Die Kremlin sê Putin het vanoggend sy eer betoon toe hy die hospitaal in Moskou besoek het waar Gorbatsjof se liggaam in staatsie lê.