Israeliese argeoloë grawe tand van pre-historiese olifant op

Israeliese argeoloë het die volledige ivoortand van ‘n reuse- pre-historiese olifant opgegrawe. Die tand is 2,6 meter lank en weeg omtrent 150 kilogram, dit is ook omtrent 500 000 jaar oud. Die tand het aan ‘n palaeoloxodon antiques of reguit-tand olifant wat tot vyf meter lank sou wees, aansienlik groter as vandag se Afrika-olifante, behoort. Die tand is in ‘n area gevind waar klipgereedskap en ander diere se oorskot gevind is. Argeoloë is onseker of dit beteken mense het die olifant gejag of het hulle dalk net sy tand gevat?