Kagiso sê oor tweede dag teen Engeland

Die Proteas se snelbouler, Kagiso Rabada, sê hulle sal voortgaan om vandag druk te plaas op hulle teenstanders op die tweede dag van die eerste toets teen Engeland op Lord’s. Die gashere is gister tot 116 vir ses beperk met Ollie Pope wat ‘n onoorwonne 61 in die eerste beurt behaal het voordat spel weens reën gestaak is. Anrich Nortje het drie paaltjies platgetrek. Rabada het albei aanvangskolwers uitgehaal en sê hulle word beloon as hulle die bal op die regte plek plaas: