Algerië sukkel met wegholbrande

Minstens 26 mense is dood en tientalle beseer in wegholbrande in Algerië. Brandbestryders sukkel om die brande te blus wat in 14 distrikte in die noorde van Algerië woed. Gister se dodetal bring vanjaar se totale sterftesyfer wees bosbrande op 30 te staan. Noord-Algerië word elke jaar deur bosbrande geteister en verlede jaar is sowat 90 mense dood terwyl meer as 100 000 hektaar bosland afgebrand het. Amptenare sê sommige van die brande is doelbewus gestig.