Tshwane bied 5 000 poste aan

Die Stad Tshwane sê meer as 5 000 aansoekers vir die Uitgebreide Openbare Werke-program, sal van vandag tot 2 September hul kontrakte in die sewe streke van die metro onderteken. Die burgemeesterskomiteelid van Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, André le Roux, sê die gekose aansoekers bestaan uit 50-persent jeugdiges, 30-persent vroue en vyf-persent mense met gestremdhede: