Oefen jou brein, vermy demensie

Wetenskaplikes het bevind die gevaar om demensie op te doen is aansienlik laer as mense ‘n boek lees, ‘n musiekinstrument bespeel, en speletjies speel of kunsvlyt beoefen. In ‘n ontleding waarby twee-miljoen mense betrek is, is die uitwerking van kognitiewe, sosiale en fisiese aktiwiteite vergelyk met die moontlikheid om demensie te ontwikkel. Die navorsing wat in die joernaal, Neurology, verskyn het, toon aktiwiteite waar die verstand gebruik word, het veral ‘n positiewe uitwerking. Dit sluit in lees of skryf, televisie-kyk of radio-luister, musiek maak of speletjies speel. Dit kan die gevaar met tot 23-persent verlaag.