Aansoekers vir groenwaterstof-projekte vandag bekend

Namibië sal vandag die suksesvolle aansoekers vir befondsing aankondig om groenwaterstof-projekte in die land te bou. Meer as 500 miljoen Namibiese dollar sal deur die Duitse regering gefinansier word. Geïdentifiseerde vennote sal saam met Duitse eweknieë fondse ontvang om groenwaterstof-projekte te bou. Van hierdie projekte se konstruksies sal na verwagting nog vanjaar begin. Ekonoom Gabriel Erastus gesels met Kosmos 94.1 Nuus.