Wêreld-borsvoedweek word tot Sondag herdenk

Wêreld-borsvoedweek word van vandag tot Sondag herdenk. Plaaslik is daar ook talle pogings om borsvoeding te verbeter, aangedryf deur programme van die Verenigde Nasies. In die buurland sal Stad Kaapstad dit ook herdenk maar hy beplan om langer daarop te fokus en klinieke by te staan om borsvoeding te bevorder en te ondersteun. Dit is omdat borsvoeding meer doen as om net in ‘n baba se voedingsbehoeftes te voorsien in die eerste paar maande van hulle lewe. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê dit beskerm teen allergieë, siekte, vetsug en ander kwale: