Staking: Tucna gesels oor wat volgende kom

Mahongora Kavihuha die sekretaris-generaal van die Namibiese vakverbond, Tucna, sê staatsamptenare sal die week ingelig word wanneer die staking sal begin. Daar is oorweldigend ten gunste van ‘n staking gestem. Kavihuha het die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus so deurgegee.

Kavihuha het dit ook duidelik gemaak dat lede van Nampol, die weermag en korrektiewe dienste nie aan die staking sal deelneem nie.