Vyfmalige skaakkampioen sal nie sy titel verdedig

Skaak: Wêreld-nommer een Magnus Carlsen het aangekondig dat hy nie volgende jaar sy titel op die Wêreldkampioenskap gaan verdedig nie. Die Noorse grootmeester is sedert 2011 nommer een. Die vyfmalige wêreldkampioen sê op sy potgooi, The Magnus Effect, dat hy nie gemotiveerd is vir nog ‘n kragmeting nie. Carlsen sê alhoewel hy besef die stryd teen die Rus, Ian Nepomniachtchi, sal om geskiedkundige redes interessant wees, het hy geen begeerte om te speel nie. Hy het reeds die president van die Internasionale Skaakfederasie, Arkady Dvorkovich, oor sy besluit ingelig.