Verpleegkundiges in Gauteng betoog steeds

Die Demokratiese Verpleegkunde-organisasie van Suid-Afrika en Gautengse verpleegkundiges betoog buite die kantoor van premier David Makhura in Johannesburg. Hulle eis betaling van hul uitstaande salarisse en beter werksomstandighede. Die verpleegkundiges beweer wanbetaling het die gehalte van gesondheidsorg in die provinsie laat agteruit gaan. Denosa in Gauteng se voorsitter, Simphiwe Gada, sê die verpleegkundiges wil hê vakante poste in hospitale en klinieke moet gevul word. Gada het sy teleurstelling uitgespreek omdat Makhura nie teenwoordig was om hulle griefskrif met eise te ontvang nie.