SA Reserwebank verhoog rentekoers met 75 basispunte

Daar is nog slegte nuus vir vuisvoos verbruikers. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers met 75 basispunte verhoog. Dit beteken die prima uitleenkoers gaan nou tot 9 persent styg. Dit is die grootste styging in rentekoers sedert September 2002, terwyl die prima uitleenkoers nou die hoogste is sedert voor die Covid-pandemie in 2020 uitgebreek het. Statistieke Suid-Afrika het Woensdag aangekondig inflasie is op ‘n 13 jaar hoogtepunt van 7,4 persent. Die hoë inflasie word aangedryf deur stygende kos-, brandstof- en behuisingskoste.