KwaZulu-Natal se ekonomie begin herstel

KwaZulu-Natal se ekonomie toon tekens van herstel. Dit is volgens die premier, Sihle Zikalala, wat dié week aan die voorpunt was met operasie Siyahlola, om die vordering met die herbou van die provinsie te bepaal na verlede jaar se onluste. Zikalala het op ‘n nuuskonferensie aangedui die provinsie se ekonomiese bedrywigheid sedert die onrus het verbeter en toerisme het die meeste tot die groei bygedra.