Biden onderteken uitvoerende bevel om vroue se reg tot aborsie te beskerm

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het ‘n uitvoerende bevel onderteken om miljoene Amerikaanse vroue se toegang tot aborsie te beskerm in state waar dit wettig bly. Die bevel kan egter nie toegang tot aborsie herstel in die state waar daar streng beperkings of ‘n algehele verbod op aborsies bestaan nie en wat in werking getree het met die beslissing wat Roe v Wade omgekeer het. Die optrede is daarop gemik om moontlike strawwe te verhinder vir vroue wat ‘n aborsie wil hê. Biden het die meerderheid in die hooggeregshof veroordeel vir die besluit om die grondwetlike reg tot aborsie te beëindig.