Rooibos fokus op gesonde leefstyl

Bemarkingskenners sê die Covid-pandemie het nuwe fokus geplaas op ‘n gesonde leefstyl en gesonde eet- en drinkgewoontes. ‘n Direkteur van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Nicie Vorster, sê dit tel in die guns van rooibos se reeds gesonde profiel. Vorster glo die tee-wêreld word bevoordeel deur dié verskuiwing omdat mense nou dink wat hulle eet en drink.