Meer verpleegkundiges benodig

Die wêreld benodig meer professionele verpleegkundiges, nie net vir hul kwalifikasies nie, maar ook vir spesifieke vaardighede wat op internasionale gesondheidsorg gerig is. Dit is volgens ‘n verpleegdosent aan die Universiteit van die Vrystaat, Champion Nyoni. Hy sê verpleegkunde is ‘n beroep met wettige status in baie lande. Nyoni sê dit is veral so aangesien die wetenskap van verpleegkunde met navorsing aansienlik gegroei het. Hy sê die die beroep het ‘n paar lesse uit die Covid-19-pandemie geleer. Nyoni is aan die woord.