Oud-Planvegters vra waar is hul US$21 miljoen?

‘n Groep oud-Planvegters, die militêre vleuel van die Swapo-party tydens die bevrydingstryd, het genoeg gehad en hulle eis antwoorde. Die groep sal op 14 Junie ‘n vreedsame betoging na Windhoek aanpak en ‘n petisie aan die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge in Namibië oorhandig. Die groep eis antwoorde oor wat gebeur het met die meer as 21 miljoen Amerikaanse dollar wat deur die VN vir rehabilitasie- en hervestigingsdoeleindes gegee is. Die groep se voorsitter, Mateus Nangolo, het alle oud-Planvegters regoor die land genooi om by die betoging in Windhoek aan te sluit.