Geen stelsel om kommersiële padvrag-bedrywighede in SA te monitor

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê sy departement het tans nie ‘n stelsel om die prestasie van kommersiële padvrag-bedrywighede in Suid-Afrika te monitor nie. Hy het ‘n padvragvereniging-vergadering in Ballito, KwaZulu-Natal, toegespreek. Mbalula sê die regulering van kommersiële vervoer afsonderlik van padverkeersbestuur is nodig, want vervoer-bedrywighede vind in die openbare ruimte plaas deur staatsbeheerde infrastruktuur te gebruik.