Keiser se kop gevind

Die marmer-kop van Rome se eerste keiser is in Isernia in die suid-sentrale streek van Italië ontdek. Keiser Augustus se 2 000 jaar oue kop het vermoedelik losgekom van ‘n standbeeld wat oorspronklik meer as 2 meter hoog was. Volgens berigte is dit van dieselfde marmer gemaak wat die beroemde Renaissance-kunstenaar Michelangelo verkies het om te gebruik. Argeoloog Maria Diletta Colombo het sê die kop is tussen 20 v.C. en 10 n.C. gemaak.