Padnetwerk ondersteun ekonomiese groei

Die Adjunkminister van Werke en Vervoer Veikko Nekundi het weer beklemtoon hoe belangrik ‘n padnetwerk is vir die land se ekonomiese ontwikkeling. Hy voeg by dat die welstand van gemeenskappe ook staatmaak op goeie paaie wat op hulle beurt toegang na die gemeenskappe bied. Gesondheid en onderwys maak ook staat op toegang na gemeenskappe, veral in afgeleë gebiede. Namibië het van die beste paaie in die streek al is die ongeluksyfer baie hoog. Die Walvisbaai Korridorgroep is ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n padnetwerk voorspoed vir ‘n land kan bied.