Boulter hoor Dinsdag van borgtog

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, gaan eers volgende week Dinsdag hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Landdros Immanuel Udjombala het uitspraak voorbehou. Boulter, wat op ‘n moordklag op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk tereg staan, staar bykomende klagte in die gesig. Hy word ook van regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie aangekla. Boulter was vanoggend weer emosioneel in die Outjo-landdroshof toe hy hoor hy moet steeds onder polisiebewaking in die Outjo-hospitaal in aanhouding tot Dinsdag bly.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *